Kinder is welkom by die Wildsfees! Die Boma gaan met ‘n groot kinder-speelarea verbind wees wat sal verseker dat die laerkool kinders steed binne bereik van die ouers is, maar vermaak word met allerlei opwindende aktiwiteite. Die kinders se veiligheid is ons eerste prioriteit en daarom sou ons nie wil hê dat hulle in die boma naby die konka’s en ander oop vure moet hardloop en speel nie. Hulle kan egter vrylik tussen die bome en speel area beweeg en die ouers kan met ‘n geruste hart kuier en die aand geniet.
Die speelarea is sleg vir laerskool kinders en sluit in:
- Giant springkastele (Beskikbaar tot 18h00)
- Verskeidenheid opblaasspeletjies vir oud en jonk (Beskikbaar tot 19h00)
- ‘n Ysskaatsbaan (Beskikbaar tot 19h00)
- “Nagklub”-tent met ‘n lekker neon sokkie (Die aand vanag 18h00)
- Veldfliek (begin 19h00)
Wees gerus dat genoegsame toesig vir die speelpark voorsien sal word.
Reviews
There are no reviews yet.