Meer Oor ons

Ontmoet Kenmare Marlothii NPC

Nie winsgewende Organisasie bestuur deur Kennie ouers

Die Kenmare Marlothii NPC is ‘n geregistreerde, nie-winsgewende maatskappy en funksioneer onafhanklik en apart van Laerskool Kenmare, en word bestuur deur ouers van Laerskool Kenmare.  Kenmare Marlothii NPC dien as voertuig vir Laerskool Kenmare om addisionele fondse te genereer ten einde te verseker dat die skool behoue bly. Die fondse wat deur die  Marlothii NPC gegeneer word, word op verskeie maniere in oorleg met die skool se bestuur in die skool teruggeploeg.

Die  Marlothii NPC bestuur tans verskeie entiteite en besighede by die skool, onder andere die klerewinkel en die kafeteria. In 2023 is ‘n naskoolsentrum, die Marlothii Akademie, oorkant die skoolgrond op die been gebring. In 2024 het die Marlothii Sportakademie die lig gesien.

Die Marlothii NPC is kinderlik-opgewonde oor die geleentheid wat saam met Die MOS Inisiatief aangegryp kon word vir die vestiging van Knikkievallei Kleuterskool en wat dit vir Laerskool Kenmare kan beteken. 

Ons as huidige direkteure by Kenmare Marlothii NPC nooi alle ouers van Laerskool Kenmare uit om betrokke te raak by ons verskeie projekte sodat ons Laerskool Kenmare na nog groter hoogtes kan neem. 
 
Alles tot voordeel en in belang van ons skool!

   Direkteur

Ontmoet ons Span

Kenmare Marlothii NPC

Ramon Kruger

Direkteur

David Botha

Direkteur

Dinette Meyer

Administratiewe Bestuurder

Kontak ons vir enige navrae