Marlothii Akademie

Die amptelike naskool van Laerskool Kenmare

Dit is met baie trots dat ons kan sê dat Kenmare Marlothii NPC nou aan die bestuur van sy eie naskool staan.  In Januarie 2025 het Mev. Brenda Odendaal, ‘n onderwyseres met uitgebreide ervaring in die onderrig sektor , die leisels oorgeneem as Bestuurder van ons naskool. Ons naskool skep beslis ‘n baie veilige omgewing vir ons KENNIE-KAMPIOENE, waar ons klasse op ons terrein, by uitstek geskik is vir die aanbieding van ‘n naskooldiens en ons naskoolleerlinge genoeg ruimte sal hê vir ontspanning. Alle ouderdomsgroepe word apart geakkomodeer, met passie- en liefdevolle personeel. Daar word elke dag ook gebalanseerde kos voorberei, wat deel vorm van die naskool se dienste aan ons Kennie-Kampioene. Gedurende vakansies word daar ook heerlike en avontuurgevulde vakansieprogramme op die skoolterrein aangebied word.  Ons skoolterrein word verder beveilig deur die teenwoordigheid van wagte voor Laerskool Kenmare tot en met 17:30, wanneer ons naskool vir die dag ook ten einde loop.

Meer inligting oor Marlothii Akademie

  • Leerders word na skool afgehaal by Laerskool Kenmare en vergesel oor die pad na die naskool sentrum.
  • Leerders ontvang dan ‘n lekker middagete waarna hulle begin met huiswerk. 
  • Indien leerders aktiwiteite op die skoolterrein het neem ons personeel hulle tot by hulle aktiwiteit en gaan haal hulle weer na afloop van die aktiwiteit. 
  • Ons gee ook vir leerders ‘n lekker peuselhappie om 15:00.
  • Leerders kan vanaf 06:00 in die oggend afgelaai word waar hulle dan pap kan eet by die naskool en om 07:00 word hulle dan vergesel na die skoolterrein.
  • Ouers moet leerders teen 17:30 afhaal by die naskool sentrum.

Skryf nou in

naskool tariewe

Kenmare Marlothii NPC bied bekostigbare pryse en net die beste nasorg diens vir u kind.

1ste Kind

Kostes vir die eerste kind beloop R1500.00 per maand.

Meer as een kind

Beloop R1400.00 per maand vir die tweede en daaropvolgende kinders

Vir enige navrae omtrent Marlothii Akademie

Kontak ons